Anna van Groot-Brittanje

Anna
Koningin van Groot-Brittanje
(voorheen koningin van Engeland, Ierland en Skotland)
Portret van Anna in 1705 deur Michael Dahl.
Portret van Anna in 1705 deur Michael Dahl.
Vorstehuis Stuart
Titel Koningin van Groot-Brittanje
Koningin van Engeland
Regeer 8 Maart 17021 Augustus 1714
Ander titels Koningin van Frankryk
Voorganger Willem III & II
Opvolger George I
Gebore 6 Februarie 1665; Sint James-paleis, Londen
Oorlede 1 Augustus 1714; Kensington-paleis, Londen
Eggenoot Prins George van Denemarke
Kind Prins William, Hertog van Gloucester
Vader Jakobus II van Engeland
Moeder Lady Anne Hyde

Anna (Engels: Anne; 6 Februarie 16651 Augustus 1714) het op 8 Maart 1702 koningin van Engeland, Ierland en Skotland geword. Sy het haar swaer, Willem III van Engeland en II van Skotland opgevolg. Haar Katolieke pa, Jakobus II en VII, het geabdikeer en haar swaer en suster het toe mede-monarge geword as Willem III & II en Maria II, die enigste so ’n geval in die geskiedenis van Brittanje. Ná Maria se dood in 1694 het Willem alleen regeer tot sy dood in 1702.

Op 1 Mei 1707 is Engeland en Skotland verenig as ’n enkele staat, die Koninkryk van Groot-Brittanje. Anna het die nuwe land se eerste monarg geword terwyl sy steeds afsonderlik koningin van Ierland was. Sy het ook die titel koningin van Frankryk gehad. Anna het 12 jaar geregeer tot haar dood in Augustus 1714.

Anna se lewe was vol krisisse, persoonlik sowel as weens haar bewind. Teen 1700 was sy minstens 17 keer swanger; daarvan het sy 11 keer óf ’n miskraam gehad óf die kind is doodgebore. Van die oorblywende ses kinders is drie op hul geboortedag dood en twee voor hulle twee jaar oud was. Haar enigste seun wat ouer geword het, William, Hertog van Gloucester, is op 29 Julie 1700 op 11-jarige leeftyd dood.[1]

Omdat sy sonder oorlewende kinders dood is, was sy die laaste monarg van die Huis van Stuart. Sy is opgevolg deur haar Protestantse kleinneef, George I van die Huis van Hannover van Duitsland wat ’n afstammeling van die Stuarts was deur sy ouma aan moederskant, Elizabeth, dogter van Jakobus VI & I.[1]

  1. 1,0 1,1 Lodge (1832), pp. 7–8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search